Archive

uitgawe 06

ons word konstant gebombardeer deur die vraag:  watter planeet laat ons vir ons kinders na.  dit na aanleiding van die manier waarop ons met die aarde omgaan, dit besoedel, oorpopuleer.  onlangs het ‘n meer prominenete vraag (net my opinie) homself begin voordoen:  watter tipe kinders (en onthou:  hulle word groot) laat ons vir ons planeet agter.  as jy vorder tot by gè korsten se liedjie, kyk ‘n bietjie hoe lyk kinders van minstens ‘n leeftyd terug.  alte dikwels wonder ek oor daardie bumber sticker of die kennisgewing in die agterruit van die 4×4 wat lees:  ‘child of god onboard’.  maar mamma jaag soos die duiwel…

dit gaan in die ontwerp van ‘n klooster om meer as net ‘n estetiese voorkeur.  die afwesigheid van visuele afleiding onderlê die doel van ‘n monastiese lewe:  die fokus hoort op die godheid, en nie op die omgewing nie.  in die novy dvur klooster in spanje slaag john pawson daarin om die ligkwaliteit binne die gebou tot so ‘n mate te beheer dat die gebou ‘n visuele lofsang van volumes en vlakke word:  “at certain times of day a combination of direct and diffused light will give the altar the appearance of floating in a haze of luminescence.”  die feit dat pawson ‘n jaar of wat self in ‘n zen-klooster in japan deurgebring het, is duidelik te sien in die manier waarop hy die essensie van lig respekteer en dit aanwend as enigste ‘dekorasie’ in die ruimtes van die klooster.  pawson se argitektuur is die absolute versinnebeelding van die bekende aanhaling “god is in te detail‘ (ludwig mies van der rohe).