Archive

uitgawe 05

dan nie meer om die hondjie nie (ek het laaskeer belowe) maar om die halsbandjie:  daardie goedjies wat ons help om ons eie breinbrakke in toom te hou.  die leisels wat ons soms ‘n bietjie te veel wil gebruik om in rigtings te stuur waar ons nie hoef te dink oor die ware stand van dit wat ons sien nie.  ook oor die nuwe paaie waarheen ons geneem kan word as ons net die leisels ‘n bietjie wil oorgee en ‘n bietjie wil terugsit en dink, eerder as om toe te verf.

This slideshow requires JavaScript.

rooi, in die werk van anish kapoor, is ‘n medium meer as wat dit bloot kleur is.  dit word ‘n herinnering aan die weerloosheid van lewe en die impak van tyd op die ervaring van die hiermaals.  vir kapoor is dit baie eenvoudig:  rooi is vir hom voor-die-handliggend die kleur van die interieur van ons liggame.  dus word rooi ‘n soort binne-ste buite wat elkeen van ons herken op ‘n ander, dieper vlak as net die beeld waarmee ons gekonfronteer word.  dit is die internalisering van die objek ‘rooi’ en die persoonlike ervaring daarvan wat van die kleur so ‘n hoofdige emosionele ervaring maak.   hiermee saam verken kapoor telkens weer die verband tussen tyd en tydloosheid, altyd weer in rooi:  diepte en persepsie word bevraagteken en uitgedaag in ‘n kegel wat die wit vlak van ‘n soliede muur breek; die ongenaakbare beweging van gestolde rooi kers-was deur die welwing van opeenvolgende openinge word ‘n ysige herinnering aan volksmoord; wolke wat gly oor die gepoleerde rooi oppervalk van ‘n statisese metaalskyf reflekteer in die water van ‘n altydvloeide rivier.  immer die konstante verandering.

“when i first saw marsyas by anish kapoor at the opening of the exhibition in the turbine hall, the impact that it had upon me was a powerful one. my first impression was that i, as a living being, was standing before my own body and was dead – as in a time-warp perspective, at once in the future and the present.  suddenly, i found myself put into a position in which my life appeared in a different light.  and i was moved to ask myself just what i could still manage to accomplish in the time left to me.”  so beskryf arvo pärt sy interaksie met die werk van kapoor.  pärt se simfoniese weeklaag ‘lamentate’ wat uitgevoer is by die uitstalling van ‘marsayas’ is geskryf as ‘n jammerklag vir die lewendes wat op daaglikse basis gekonfronteer word met dood en verganklikheid.  dit oorleef die fisiese kunswerk in die sin dat dit elke dag nog gehoor kan word, anders as ‘marsayas’, waarvan nou net beelde oorbly as verwysing na die feit dat ‘n rooi pvc trompet wat 320m2 beslaan het, eens ‘n werklikheid was.

oor sy installasie ‘marsayas’ in die tate modern gallery, london, het anish kapoor die volgende te sê gehad:  “we all know about red, but i bet you’ve never seen it like that”.  kapoor se fassinasie met rooi het letterlik nuwe hoogtes bereik met die ‘orbit’ – ikoon van die 2012 olimpiese spele.  maar die aanvanklike openbare mening oor hierdie 115m hoë openbare kunswerk is in die algemeen nie positief nie.  met verwysing na ‘n ander eens onpopulêre struktuur is daar al van die orbit gesê:  ‘it looks like the eiffel tower on acid’.  verder meen dolores john phillip: “it is just a lump of nothing.  it doesn’t signify anything… it is just towering over us.  it’s looking down on the little people.  and we are nothing.”  dit wil dus voorkom asof die projek in sommige kringe gesien word as ‘n monument tot die ydelheid van die ego.  het die morders en murmureerders dalk reg in die aantyging dat hierdie spesifieke werk geklassifeer behoort te word as visuele besoedeling eerder as kuns of argitektuur? wanneer ‘n mens die werk van anish kapoor tot op hede vergelyk met die orbit, word dit definitief ‘n opsie om die opmerking dat die toring ‘nie eers ‘n goeie anish kapoor werk (is) nie’ summier af te maak as bog, inderdaad ‘n perd van ‘n ander kleur:  die enigste kenmerkende weldeurdagte vorm is die trompet-agtige staalelement oor die vergaderpunt van die orbit wat duidelik verwys na die styl en intensie van kapoor se werk tot op hede:  dit dra visuele gewig en beslaan ruimte; beskryf dit en definieër.  dit slaag daarin om perspektief te skep;  dit maak en die ervaring van ruimte multi-dimensioneel:  iets waarmee gesoute argitekte sukkel.

maar helaas doen die staalwerk-kinkels (na wat verneem word in kapoor se kenmerkende rooi) juis die teenoorgestelde:  alhoewel die vorm ongewoon dinamies is vir ‘n struktuur van hierdie aard, lyk dit verward en vervaard.  kapoor self spreek sy bedenkinge oor die werk uit en meen dat dit lyk asof orbit hande-in-die sye staan.  eienaardigheid met ‘n goeie dosis integriteit kan gesien word as eksentriek, maar of hierdie iesegrimmige werk die toets van die tyd gaan deurstaan bly maar net ‘n raaiskoot vir nou – ons sal wel vir seker weet as iemand dit gaan toeverf…