Archive

uitgawe 01

hiermee dan hartlik welkom by ‘n blad wat dit het om idees.  hierdie idees is nie net myne nie (alhoewel die titel verwys na die nederlandse “ek”) en is nie net relevant tot die huidige nie (now).   an idea is salvation by imagination.   so meen frank lloyd wright.  met iknow – en ja, die titel is ‘n bietjie eiewys – sal daar so nou en dan ‘n blaaskans kom van die verveling van die dag;  waar jy saligheid kan vind in die vernuftigheid van ons eie en ander se verbeelding.  sodat jy ten minste oor die estetiese goed in die lewe waaroor jou tannie gertruida moontlik eers in 2015 opgewonde gaan raak, beterweterig sal kan antwoord:  iknow.

\anna-lynne se lag, as jy gelukkig genoeg is om dit dalk eendag te hoor, sal jy agterna tussen ‘n duisend ander uitken.  die aard daarvan is misterieus.  dit ontwyk mens net soos die moontlikhede in die drie-ledige werk ‘trichotomy’ – ‘n finalis in die 2011 sasol new signatures kompetisie.

This slideshow requires JavaScript.

die waarnemer se eie innerlike dramas word op dieselfde vlak aangespreek as die vele moontlikhede in die werk self.  alhoewel die subjek – ‘n onpeilbare, dog al te herkenbare kreatuur – vanuit drie perspektiewe aan die waarnemer uitgelewer word, is dit die uitkykpunt van die waarnemer wat die werk se waarde kleur:  die fisiese posisie van die subjek  kan tegelykertyd as onderdanig of uitdagend ervaar word.  die byna tasbare stilte op die doek veronderstel dat die kreatuur gereed is om aan te val, of moontlik dat dit weerloos in ‘n hoek skuil.  dit is egter vanuit geen hoek moontlik om die onmiskenbare trekkrag van die kreatuur se blik weg te wens nie.

“ek moet stories vertel,” sê anna-lynne.  en ‘n storie-verteller van formaat is sy beslis.  haar prent-stories betrek mens willens en wetens by die intriges van die self en die ander, en voor jy weet is jy ingesluk deur ‘n grootsheid waar die som van die dele onverklaarbaar meer is as die geheel.

This slideshow requires JavaScript.

vir die eerste argitektoniese werk op iknow het ek besluit op hierdie ongelooflike konstruksie van die cerejeira fontes broers in portugal.  die intieme ruimte van die kapel is gebou uit ongeveer 20 ton onbehandelde hout en nie een skroef, spyker of metaal-hegting is in die konstruksie gebruik nie.  veel groener kan dit nie.  die vloerplan en ontwerp verwys volgens die argitekte na die 6 dae van die skepping, en die sewende dag van rus.  in ‘n tyd waar groter-hoër-blinker die bo-toon blyk te voer in suid-afrikaanse ontwerp van religieuse ruimtes (pappa, kan jy glo, nog ‘n shopping centre?  nee, mamma, dis net ‘n nuwe kerk!) is die nederige eerlikheid van hierdie geesteskokon 70 x 7 keer ‘n seëning op die oog.  sela.

spiegel im spiegel – link to youbube

indien jy nog nooit in jou ore uitgeleen het aan iets anders as die swaar metale nie, sal die minimalisme van arvo part dalk nie jou base-chakra stimuleer nie, maar not to worry:  look en listen het stock van rammstein se remastered werke made in germany, en alhoewel nie so grafies soos die album art op LIFAD nie, sal die cd cover mooi lyk bo jou kaggel.