Archive

smile

ek, wit afrika-persoon, hoor toe die volgende gesprek tussen ‘n ouerige kleurling-man en ‘n jong swart vrou.  sy het sopas gekla oor ongepoetste kliënte, en hy deel sy ondervinding.  ‘n wit man het blykbaar vir die ou man toegesnou:  go to hell.  waarop die ou man toe baie wys antwoord:

i’ve been there, sir, but i’m back here, because it was for whites only.

om dan op ‘n musikale noot af te sluit:  soos die meeste dirigente wat hul sout werd is, het sir thomas beecham ‘n bietjie meer verwag as net dat die tjellis opgedaag het vir die repetisie.  die sir se opmerking, sou ek raai, het die dame vir ewig bygebly:  “madam, you have between your legs an instrument capable of giving pleasure to thousands – and all you can do is scratch it”