vergeet van ‘n huisie by die see

met die naderstap-slag is ek ‘n bietjie bewerig, want ek is nog steeds nie seker of dit kommin is om vir ‘n hedendaagse ikoon te vra om asseblief ‘n eksemplaar van sy boek te teken nie, maar nietemin.  tom is vriendelik genoeg, vra ‘n bietjie uit oor wat ek doen (hoe antwoord mens so ‘n vraag, sonder om soos ally mcbeal voor te kom) en dan teken hy die boek met so ‘n gemaklike hand en die oomblik is verby.

as ‘n mens na tom kundig se chicken point cabin kyk, klink laurika rauch se huisie by die see (rots en al) eenskalps maar na ‘n valerige ou plekkie gevul met christelik nasionale sentiment. ek hoor ook die winde huil:  ‘n kreun , klag – soos van verlore siele in hul nood.  en dan kies ek liewers hierdie plek met die 6-ton glasdeur wat mens met die hand kan oopdraai om die vars lug in te laat.  kundig erken self dat die meganisme van die deur inderdaad ingewikkeld is, maar die resultaat en gevoel daarvan om die deur oop te swaai is vir hom vergelykbaar met die oplig van ‘n tentflap.  en vir ‘n uitsig soos vanuit hierdie naweek-huis sal selfs ek – wat glad nie sal weet hoe om in te pak vir ‘n naweek in die bosse nie – die t-woord oorweeg.  dis by die k-woord wat ek my nommer 13 hoorbaar en finaal neersit, en ek praat nou van karavaan, ter verduideliking vir mense soos gillian schutte wat moontlik op hierdie verwysing mag afkom en my as witmens met beginsels oor kamp wil aanvat en uithaal omdat ek nie apartgeid kan spel nie.

tom kundig interior view

maar terug by goeie ontwerp en billikheid van smaak (ek sluit nie vir gillian schutte in nie):  kundig is by uitstek een van die mees vindingryke argitekte / ingenieurs wat die aarde bewandel en lewens verryk met sy inslag op naweek-akkommodasie. wie wil nou in elk geval ‘n gypsy haak en noodgedwonge ‘n venter ook nog agternasleep (dit klink alreeds net verkeerd!) as jy hier kan instap.

tom kundig detail and exterior

Leave a comment