‘n nuwe baadjie (of is dit die ultimate strikdas?)

in zen vra die monnik vir sy meester:  “does a dog have buddha nature?”.  waarop die meester onomwonde antwoord:  “mu!” (beste vertaal as die engelse no thing / nothing.)

wat beteken dit in afrikaans, vir die van ons wat nie grieks verstaan nie?  die antwoord van die meester kan dui op ‘n ligte teregwysing:  ont-vra die vraag, en wel om die volgende rede:  die vraag is fundamenteel gebrekkig. (met ander woorde:  dis ‘n stupid vraag!  hoekom?  want die kondisies van die vraag is nie versoenbaar met die realiteit nie.  dit klink soos ‘n woordsom waar piet opeindig met vier blou albasters omdat marie biscuits eet, ek weet, maar ek ploeg moedig voort:)

noodwendig, dus, volg dit dat probleemoplossing in ontwerp berus op die feit dat daar inderdaad ‘n probleem is waarvoor ‘n ontwerp-oplossing gevind moet word.  dalk ‘n logiese afleiding om te maak, maar indien die verkeerde probleem identifiseer is ter aanvang van die ontwerp-probleem, beteken dit dat die ontwerp-oplossing heel moontlik geen verband sal hou met die eintlike vraag of probleem nie, en die oplossing dus nie relevant is nie.

muwat ‘n moontlike verklaring kan wees van (my interpretasie) die ‘mu‘ in die museum of contemporary art, australië.  die onkonvensionele aanwending van die gebou se ‘naam’ en funksie op die fasade van die nuwe gedeelte, laat mens wonder of die argitek dalk tong-in-die-kies verwys na die eerste zen-raisel.  indien wel, slaan hy hier die onbenullige ontwerp-spyker, (en hopelik nie sy eie vinger nie) met een akkurate hou raak met ‘n gebou wat in alle opsigte verras: eerstens is die gebou kommersiëel reeds ‘n reuse sukses, ondanks die feit dat die begroting so ‘n bietjie oorskrei is (maar dan weer, as mens praat van AU$53miljoen vir ‘n aanbousel om kuns in aan te hou, is ‘oorskrei’ so relatief ‘n term as die kleur van die hond in die aanvanklike zen-vraag.)  in die tweede plek stroom ‘n aansielik jonger gehoor na uitstallings toe wat voorheen net deur die gryskop-populasie besoek is.  EN dis ‘n bleddie mooi plek.  as ‘n toevoegsel tot die aanvanklike motbal-museum (niks kontemporêr aan die oorspronklike gebou nie) maak die swaar betonblokke wat onafhanklik bo die loopvlak en circular quay se weerkaatsing hang ‘n onafhanlike verklaring van teen(s)woordigheid wat beindruk in die outonomiteit van die gebou, maar ook die verband wat dit met die omgewing skep:  voorwaar ‘n dualistiese uitlating van argitektuur wat ‘n besoek werd is.  en ja:  jou mond gaan oophang…

mu en motballe

want om die verwantskap van die twee geboue met mekaar te probeer versoen, is so ondoenbaar as om die rooi vliegtuig in die steierwerk voor die geboue (‘n installasie kunswerk) te probeer ontleed.  dit lyk asof die vliegtuig veiligheidshalwe binne die raamwerk van staalsteiers beperk word, maar dit peil reg op die nuwe gebou af in ‘n onheilspellende vriesbeeld wat 9/11 herinneringe aanwakker.  steierwerk stop nie ‘n vliegtuig nie, en ‘n gebou stop nie die implikasies van kuns nie.  genoeg dalk, om vir nou by te berus.  en hopelik is die vraag nie:  “maar is dit kuns” nie.  mu.

Leave a comment