‘n nuwe baadjie vir ‘n ou bladjie – pohl & dürr

in die goeie ou dae van oordaad en broederbondery (nee, dit is nie die titel van ‘n nuwe afrikaanse gay-fliek nie) het daardie meubels wat ons nie meer as gepas vir die voorkamer beskou het nie, meestal huis gevind by die wat nie by ‘whites-only’ deure kon ingaan nie.  wonder bo wonder word die bordjies nou verhang deur die innoverende klomp van pohl en dürr wat meubels uit townships herwin en nuwe lewe gee aan lendelam pote en holgeryde rugkante.  die meeste van die huidige besending wat beskikbaar is, kom uit plakkerskampe buite port Elizabeth.  soos chrissie sê:  “dit is vir ons lekker om vir ou stukke weer nuwe lewe te gee – om iets wat vergeet was weer ‘n ereplekkie te gee. ons sien die meubels as “one of a kind” kunswerke. dis lekker om te weet iets is reeds gebruik en het ‘n lewe gehad voor nou;  wat dit gemaak het wat dit is.”  kontak chrissie by 082 214 9782 om jou oorle agter-kleinniggie (aan die breda’s van kortwater se kant) se tafel terug te koop.  toe, nou, jy weet jy wil!

Leave a comment